23 Die treë van ’n goeie man word deur יהוה bevestig en Hy is verheug oor sy lewe.
24 Alhoewel hy val, sal hy nie seerkry nie, want יהוה hou hom op met Sy hand.
25 Ek was jonk en nou het ek oud geword, maar ek het nooit die regverdige verlate gesien, of sy nageslag gesien bedel vir brood nie.
26 Die hele dag lank gee hy om en leen uit en sy nageslag is ’n seën.
27 Bly weg van wat boos is en doen goed en jy sal vir ewig rus,
28 want יהוה het die regverdige oordeel lief en sal sy afgesonderdes nie verlaat nie; vir ewig word hulle bewaar, maar die nageslag van die wetteloses word vernietig.
29 Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop bly.