14 Ja, ek is soos ’n man wat nie hoor nie en in wie se mond geen argument is nie,
15 want op U, יהוה, is my versekerde verwagting; U sal my antwoord, יהוה my God!
16 Ek het gesê: “Laat hulle nie bly wees oor my nie! Hulle wat met my spot wanneer my voet struikel,”
17 want ek is gereed om te val en my smart is voortdurend voor my.
18 Ek sal my wetsoortredinge tot U bely, ek sal my reinig van my sonde,
19 maar my vyande is lewenslustig en sterk en daar is baie wat my verkeerdelik haat.
20 Dié wat kwaad vir goed vergeld, staan my teë omdat ek die goeie najaag.