1 Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 Ek het geduldig op יהוה gewag en Hy het Hom na my toe gedraai en my smeekgebed gehoor.
2 Hy het my uit die verskriklike put opgetrek, uit die slik van vernietiging en my voete op ’n rots gesit en my rigting bepaal.
3 Hy het ’n nuwe lied in my mond gegee, ’n lofprysing tot ons God sodat baie dit sal sien en respekvol vrees en op יהוה vertrou.Ps 1:1,2
4 Geseënd is die man wie se vertroue in יהוה is en hom nie draai na trotsheid en leuengesprekke nie.
5 Baie wonderwerkende dade het U vir ons gedoen, יהוה, my God en vir ons omgegee; ek het verklaar dat daar te veel is om te tel. Daar is niemand soos U nie.Ps 51:18-21; 1 Sh'm 15:22; Hos 6:6; Mat 9:13; Mat 12:7
6 U het nie offers of spysoffers begeer nie; wat my betref, ek het nou begrip; brandoffer en sondoffer het U nie vereis nie.
7 Toe het ek gesê: “Let op, ek kom; in die deel van die boekrolle is dit van my geskryf.Heb 10:7 U wet is binne-in my verstand, wil en emosie.”Ps 37:31; Yes 51:7