6 O, my God, my lewe is benoud in my; daarom sal ek U onthou vanuit die land van die Yarden, vanaf die berg Hermon en vanaf die heuwel Mitzar.
7 Die diepe waters roep na die diepe waters by die gedruis van U watervalle; al U golwe en U branders het oor my gegaan.
8 Tog sal יהוה Sy liefdevolle goedheid in die dag beveel en in die nag sal Sy lied by my wees, ’n gebed tot die Lewende God.
9 Ek sal vir God sê: “My Rots, waarom het U my vergeet? Waarom gaan ek in rou deur my vyande se onderdrukking?
10 Wanneer my gebeentes gebreek word, spot my teëstanders met my terwyl hulle elke dag vir my sê: “Waar is jou God?”
11 Waarom is jy omgekrap, o my lewe en hoekom is jy verwilderd? Behou versekerde verwagting in God, want ek sal Hom steeds loof en dank met uitgestrekte hande, my God en die Redder van my eer!