3 want hulle het nie die land deur hul swaard geërf nie en hul arm het hulle ook nie gered nie, maar U regterhand, U arm en die Lig van U Teenwoordigheid omdat U tevrede was met hulle.
4 U self is my Koning, o God, want U beveel die oorwinnings vir Ya’akov.
5 Deur U sal ons ons teëstanders deurboor; deur U Karakter en Outoriteit (Naam) sal ons hulle wat ons haat, vertrap,
6 want ons vertrou nie op ons boë nie en nie in ons pantser om ons te beskerm nie,
7 maar U het ons verlos van dié wat ons haat.
8 Ons loof, eer en aanbid U die hele dag lank, o God en ons loof en dank U Naam (Karakter en Outoriteit) met uitgestrekte hande vir ewig.
9 Nou het U ons egter verstoot en tot skande gemaak en U trek nie saam uit met ons leërs nie,