1 Vir die musiekleier: ’n gedig van die seuns van Korag, met instrumentale musiek. 2 Al die volke, klap julle hande! Skreeu dit uit tot God met ’n klank van triomferende vreugde,
2 want יהוה-Elyon (die Allerhoogste Magtige God) word respekvol gevrees! Hy is ’n groot Koning oor die hele aarde.
3 Hy onderwerp volke onder ons en nasies onder ons voete.
4 Hy het ons gekies vir die erfenis en vir die eer en lof van Ya’akov, wat Hy liefhet.
5 God het opgegaan met ’n uitroep van vreugde, יהוה met die klank van die ramshoring.