1 ’n Gedig van Asaf, met instrumentale musiek. Die Magtige God van die gode, יהוה, het gepraat en die aarde geroep, van die opkoms van die son af totdat hy ondergaan.
2 Vanuit Tziyon, die volmaaktheid van skoonheid, het God geskyn.
3 Ons God sal kom en sal nie stilbly nie. Vuur sal voor Hom uit verteer en die vuur sal hewig rondom Hom brand.
4 Hy sal roep na die hemel daarbo en na die aarde, om Sy volk te oordeel:Heb 9:28; Heb 10:29
5 kom by Hom bymekaar, getroues, hulle wat ’n verbond met Hom gesluit het deur ’n offer