1 Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek, 2 toe die profeet Natan na hom toe gekom het nadat hy by Bat-Sh’va ingegaan het.
2 Bewys onverdiende guns aan my, o God, volgens U liefdevolle goedheid. Vee my rebellie uit, na die oorvloedigheid van U liefdevolle omgee.
3 Was my deeglik van my morele boosheid en reinig my van my sonde,
4 want ek erken, my rebellie en my sonde is altyd voor my.Rom 3:4
5 Teen U en U alleen het ek gesondig en gedoen wat boos is in U oë, want U sal regverdig wees wanneer U praat, deursigtig in U oordeel.
6 Let op, in morele boosheid is ek gevorm en in sonde het my moeder geboorte gegee aan my.
7 Let op, U vereis waarheid in die binneste en die geheime van U wysheid het U aan my bekend gemaak.