15 Bevry my van bloedvergieting, o God, U, die God van my verlossing en my tong sal hardop sing van U onpartydige opregtheid.
16 יהוה, maak U my lippe oop en my mond sal U lofprysing voortbring,Ps 40:7; 1 Sh'm 15:22; Hos 6:6; Mat 9:13; Mat 12:7
17 want U begeer nie offers nie, anders sou ek dit gee; U het geen behae in brandoffers nie.
18 Die offers van God is ’n gebroke gees; ’n gebroke en stukkende binneste sal U, o God, nie verag nie!
19 Doen goed aan Tziyon deur U onverdiende guns. Bou die mure van Yerushalayim op, 21 dan sal U tevrede wees met die offers van onpartydige opregtheid, met brandoffers en volledige brandoffers; dan sal hulle geskenke offer op U altaar.