1 ’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek, toe hy in die wildernis van Y’hudah was. 2 O God, U is my God, op U wag ek; my lewe dors na U, my vlees smag na U soos in ’n dor en dorstige land, waar daar geen water is nie.
2 Soos ek U Afgesonderdheid gesien het, mag ek só U krag en U Gemanifesteerde Teenwoordigheid sien,
3 want U liefdevolle goedheid is beter as die lewe; my lippe sal U uitbundig prys.
4 Só sal ek neerkniel en U seën terwyl ek lewe, ek sal my hande oplig in U Karakter en Outoriteit (Naam).