3 Sê vir God: “Hoe wonderlik is U werke!” Deur die grootheid van U krag sal U vyande hulle aan U onderwerp.
4 Die hele aarde sal neerval voor U en sing en musiek maak tot U eer; hulle sal U Naam (Karakter en Outoriteit) vir ewig hoog oplig.
5 Hulle sal sê: “Kom en sien die dade van God,” want Sy wonderwerke is groot teenoor die seuns van die mens.
6 Hy het die see verander in droë land; hulle het te voet deur die rivier gegaan. Daar het ons ons verheug in Hom.
7 Hy heers vir ewig deur Sy krag; Sy oë sien die nasies raak. Laat die rebelses hulleself nie oplig nie.
8 Kniel voor God en seën Hom julle volke en laat die stem van Sy lofprysing gehoor word;
9 Hy wat ons in die lewe hou en nie toelaat dat ons voete wankel nie,