19 U ken my verwerping en my skande en my vernedering word versprei voor al my vyande.
20 O, genees my gebroke binneste en verbind dit. Ek het sommiges gesoek om my jammer te kry, maar daar was niemand nie; vir vertroosters, maar het niemand gevind nie.Mat 27:48; Mar 15:36; Luk 23:36
21 Hulle het vir my bitter kruie gegee as my kos en toe ek dors was, het hulle vir my asyn gegee om te drink.
22 Laat hulle tafel ’n vangnet word voor hulle en dit wat vir hulle ’n beloning moes wees, ’n strik.Rom 11:9,10
23 Laat hulle oë donker word dat hulle nie sien nie en maak dat hulle rûe voortdurend buig.
24 Stort U woede oor hulle uit en laat U toornige woede hulle beetkry.Hand 1:20
25 Laat hulle blyplek verlate wees en laat niemand in hulle tente bly nie.Yes 53:3-5