27 Voeg die straf vir morele oortreding by hulle oortreding sodat hulle nie in U onpartydige opregtheid kan kom nie.Mal 3:16; Open 20:12
28 Laat hulle uitgevee word uit U boek van die lewendes en nie saam met die regverdiges opgeskryf word nie.
29 Ek is egter arm en vol rou; laat U verlossing my help, o God!
30 Ek sal die Naam (Karakter en Outoriteit) van God helder en duidelik loof met ’n lied en Hom groot maak met danksegging.
31 Dit sal יהוה meer tevrede stel as beeste of bulle wat horings en hoewe het.
32 Die nederiges sal dit sien en bly wees en julle verstand, wil en emosie wat na God soek, sal lewe,
33 want יהוה luister na die behoeftiges en verag nie Sy gevangenes nie.