1 ’n Vurige loflied van Dawid wat hy tot eer van יהוה gesing het aangaande Kush, ’n Binyaminiet. O יהוה, my God, in U skuil ek; red my van al my vervolgers en bevry my
2 of hy sal my lewe verskeur soos ’n leeu, my wegsleep terwyl daar niemand is om my te bevry nie.
3 O יהוה, my God, as ek hierdie ding gedoen het, as daar onreg in my hande is,
4 as ek wraakgierig was op hom wat aan my boosheid gedoen het, of my vyande sonder rede onderdruk het,
5 laat die vyand my agtervolg en inhaal en my lewe teen die grond vertrap en my eer en lof in die stof laat lê.
6 Staan op, יהוה, in U woede, lig Uself op teen die woede van my teëstanders en staan op vir my; U het regverdige oordeel aangestel!