1 In U, o יהוה, plaas ek my vertroue; laat my nooit beskaamd staan nie!
2 Bevry my deur U onpartydige opregtheid en red my; draai U oor na my en verlos my!
3 Wees U vir my ’n rots van skuiling waarheen ek voortdurend kan gaan; gee U die bevele om my te red, want U is my Rots en my Vesting.
4 Bevry my, o God, uit die hand van die bose persoon, uit die hand van hom wat moreel verdraaid en ’n wrede man is,