9 Verwerp my nie in die tyd van hoë ouderdom nie, laat my nie in die steek wanneer my krag faal nie,
10 want my vyande praat teen my en die wat lê en wag op my lewe hou saam beraad
11 en sê: “God het hom in die steek gelaat; agtervolg en gryp hom, want daar is niemand om hom te bevry nie!”
12 O God, wees nie ver van my af nie; o my God, maak gou met my hulp!
13 Laat hulle wat jaloers is op my lewe, beskaamd en in verleentheid wees; laat hulle wat my ongeluk soek in skande bedek wees,
14 maar ék sal voortdurend bid en U meer en meer lofprys.
15 My mond sal U onpartydige opregtheid en verlossing die hele dag lank verkondig, want ek ken nie die grootheid daarvan nie.