11 Waarom trek U U hand terug, U krag vanuit die midde van U vergadering?
12 God is ons Koning, wat van ouds die verlossing van Ya’akov beveel het.
13 U het deur U krag die see verdeel; U breek die koppe van die drake in die waters.
14 U het die koppe van die leviatan in stukke gebreek en U het hom gegee as kos vir ’n sterk volk.
15 U het die fonteine oopgemaak in die valleie; U het magtige riviere opgedroog.
16 Die dag behoort aan U, die nag is ook U s’n; U het die lig en die son voorberei.
17 U het al die grense van die aarde vasgestel; U het somer en winter gemaak.