20 Respekteer U verbond, o יהוה, want die blyplekke van die aarde is vol onkunde en wreedheid.
21 Laat die onderdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die arme en behoeftige U Naam (Karakter en Outoriteit) helder en duidelik loof.
22 Staan op, o God, verdedig U eie saak; onthou hoe die dwase man U daagliks gespot het.
23 Vergeet nie die stem van U teëstanders nie, die geraas van hulle wat teen U opstaan styg voortdurend op!