3 Verhoog U diensknegte bo dié wat weggevoer word deur mag; almal wat onderdruk, is vyande van U Afgesonderde Plek.
4 U teëstanders het hulleself verhoog te midde van U feeste, hulle het hul baniere as tekens opgestel.
5 U weet hierdie dinge, as die Verhoogde Een wat daarbo sit; hulle het die deure met byle afgekap soos wat hulle die bome van die woud sou afkap.
6 Hulle het alles met byle en hamers vernietig.
7 Hulle het U Afgesonderde Plek aan die brand gesteek en afgebrand. Hulle het die blyplek van U Naam op aarde onteer.
8 Hulle het in hul binneste gesê: “Laat ons hulle saam vernietig! Laat ons al die feesdae van God in die land afskaf.”
9 Hulle het nie die wonders daarvan gesien nie, want daar is geen profeet meer nie en ook is daar geen wyse man onder ons nie.