26 Hy het winde laat waai in die lug en deur Sy krag die Suidewind ingebring;
27 Hy het ook vleis soos stof op hulle laat reën en geveerde voëls soos die sand aan die see
28 en Hy het hierdie binne-in hulle kamp laat val, rondom hulle tente.
29 Hulle het geëet en was ten volle versadig, want Hy het aan hulle hul eie begeerte gegee.
30 Tog het hulle nie hul begeerte opgegee nie, maar terwyl hulle kos nog in hulle mond was,
31 het die woede van God teen hulle opgekom en die rykstes onder hulle neergeslaan en die gekose van Yisra’el laat buig.
32 Nogtans het hulle steeds gesondig en nie in Sy wonderlike dade geglo nie;