7 dat hulle hul versekerde verwagting in God kan plaas en nie die dade van God vergeet nie, maar Sy opdragte kan uitvoer
8 en nie wees soos hulle vaders nie, ’n hardkoppige en rebelse geslag, ’n geslag wat nie hulle verstand, wil en emosie herstel het nie en wie se gees nie standvastig was teenoor God nie.
9 Die seuns van Efrayim, boogskutters bewapen met boë, het omgedraai op die dag van die geveg.
10 Hulle het die verbond van God nie gehou nie en geweier om te leef in Sy wet.
11 Hulle het Sy dade en sy wonders vergeet wat Hy hulle voor die oë van hulle vaders gewys het.
12 Hy het wonderlike dinge gedoen in die land van Mitzrayim, in die velde van Tzo’an.
13 Hy het die see verdeel en hulle laat deurgaan en die waters laat staan soos in watersakke.