1 ’n Gedig van Asaf, met instrumentale musiek. O God, ander nasies het in U erfenis ingekom; hulle het U afgesonderde tempel onteer; hulle het Yerushalayim in puinhope gelaat.
2 Hulle het die lyke van U diensknegte aan die voëls van die hemel as kos gegee, die vlees van U afgesonderdes aan die wilde diere van die land.
3 Hulle het húlle bloed rondom Yerushalayim soos water uitgegooi en daar was niemand om hulle te begrawe nie.
4 Ons het vir ons bure ’n bespotting geword, om voor te lag en ’n grap vir die wat rondom ons is.
5 Hoe lank, יהוה, sal U woede brand soos vuur? Sal U vir ewig kwaad wees?Yes 66:15; Yir 10:25; 2 Thes 1:8