1 Vir die musiekleier; op die Gittitiese harp: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. O יהוה, ons יהוה, hoe majestueus is U Karakter en Outoriteit (Naam) op die hele aarde! U het U grootheid en lof bo die hemele vertoon.
2 Uit die mond van seuns en suigelinge het U, as gevolg van U teëstanders, sterkte vasgestel sodat U die vyand en die wraakgierige kan vernietig.
3 As ek U hemele en die werk van U vingers beskou, die maan en die sterre wat U aangestel het,Ps 144:3; Heb 2:6-8
4 wat is die mens dat U aan hom dink en die seun van ’n mens dat U vir hom omgee?
5 Tog het U hom ’n klein bietjie minder gemaak as die engele en hom met eer, lof en majesteit aangetrek.Efe 1:22
6 U laat hom heers oor die werke van U hande; U het alles onder sy voete gesit:
7 alle skape en beeste en ook die diere van die veld,