5 Hy het dit ingestel as getuienis in Yosef toe hy uitgegaan het na die land van Mitzrayim, waar hy ’n taal gehoor het wat hy nie geken het nie.
6 Ek het die las van sy skouers af verwyder, Ek het sy hande losgemaak van die bande.
7 Hy het na My geroep in sy moeilikheid en Ek het hom bevry; Ek het hom onder My geheime bedekking gesit; Ek het hom getoets by die waters van M’rivah.
8 Luister, o My volk en Ek sal praat; o Yisra’el, Ek sal aangaande jou getuig, as jy na My sal luister!
9 Daar mag geen vreemde god by jou wees nie en jy mag ook voor geen vreemde god neerbuig nie.
10 Ek is יהוה, jou God, wat jou uit die land van Mitzrayim uitgebring het; maak jou mond wyd oop en Ek sal dit vul,
11 maar My volk wou nie na My stem luister nie en Yisra’el wou niks van My weet nie.