8 Ek sal hoor wat יהוה, ons God, sal sê, want Hy sal vrede oor Sy volk en oor Sy afgesonderdes praat dat hulle nie weer tot dwaasheid sal draai nie!
9 Sy verlossing is sekerlik naby aan die wat Hom respekvol vrees, laat Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid in ons land bly.
10 Onverdiende guns en waarheid ontmoet mekaar; onpartydige opregtheid en vrede soen mekaar.
11 Waarheid sal uit die aarde uit opspring en onpartydige opregtheid sal uit die hemel uit neerkyk.
12 Ja, יהוה sal Sy goedheid gee en die land sal sy opbrengs lewer
13 en die onpartydig opregte gaan voor Hom uit en Hy sal sy paaie vestig op die aarde.