1 ’n Gebed van Dawid. Draai U oor na my, o יהוה, hoor my, want ek is arm en behoeftig.
2 Bewaar my lewe, want U is afgesonderd; o my God, red U dienskneg wat in U vertrou.
3 Wees my goedgunstig, o יהוה, want ek roep elke dag na U.
4 Verbly die lewe van U dienskneg, want tot U, o יהוה, lig ek my lewe op,
5 want U, o יהוה, is goed en U liefdevolle goedheid is oorvloedig vir almal wat U aanroep.