14 O God, die bose het teen my opgestaan en die vergadering van gewelddadige manne soek my lewe en hulle dink nie aan U nie,
15 maar U, o יהוה-God, is vol liefdevolle omgee en onverdiende guns, lankmoedig en oorvloedig in goedheid en waarheid.
16 Draai na my toe en bewys aan my onverdiende guns; gee krag aan U dienskneg en red die seun van U diensmaagd.
17 Wys aan my ’n teken ten goede sodat hulle wat my haat dit kan sien en beskaamd kan staan omdat U, o יהוה, my gehelp en vertroos het.