2 Bewaar my lewe, want U is afgesonderd; o my God, red U dienskneg wat in U vertrou.
3 Wees my goedgunstig, o יהוה, want ek roep elke dag na U.
4 Verbly die lewe van U dienskneg, want tot U, o יהוה, lig ek my lewe op,
5 want U, o יהוה, is goed en U liefdevolle goedheid is oorvloedig vir almal wat U aanroep.
6 Luister na my gebed, o יהוה en gee aandag aan die stem van my smekinge.
7 In die dag van my moeilikheid het ek na U geroep en U het my geantwoord.
8 Daar is niemand soos U, o יהוה my God en daar is geen dade soos U s’n nie.