2 want ek het gesê: “Die wêreld sal opgebou word deur goedheid; U getrouheid word in die hemele bevestig.”Yir 33:21,26; Yeg 37:24,25
3 Ek het ’n verbond gesluit met wie Ek gekies het; Ek het gesweer tot Dawid, My dienskneg:Hand 13:23
4 “Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag.”
5 Die hemele sal U wonders loof met uitgestrekte hande, o יהוה, U getrouheid ook in die vergadering van die afgesonderdes,
6 want wie in die hemel kan met יהוה vergelyk word? Wie van die engele kan met יהוה vergelyk word?
7 God staan op in die raad van die afgesonderdes, groot en respekteerbaar bo almal wat rondom Hom is.
8 O יהוה, God van die leërmagte, wie is magtig soos U? U getrouheid is rondom U!