43 U het die snykant van sy swaard gedraai en hom nie ondersteun in die geveg nie.
44 U het sy lof en eer laat ophou en sy troon teen die grond neergegooi.
45 U het die dae van sy jeug verkort, hom met skaamte oordek.
46 Hoe lank sal U, o יהוה, kwaad wees? Sal U woede vir ewig brand soos ’n vuur?
47 Onthou my vanaf die tyd wat ek geskep is, want U het alle mense nie sonder rede geskep nie.
48 Wie is die mens wat leef en nie die dood sal sien nie? Sal hy sy lewe red uit die hand van Sh’ol?
49 יהוה, waar is U vorige liefdevolle goedheid wat U aan Dawid in U waarheid gesweer het?