19 In die menigte van my verdriet, verkwik U vertroostinge my lewe.
20 Bose heersers sal nie gemeenskap met U hê nie, want hulle het moeilikheid teen U wet beplan.
21 Hulle stel strikke teen die lewe van die regverdige en veroordeel onskuldige bloed,
22 maar יהוה is my Verdediging en my God is die Rots van my skuiling.
23 Hy sal hulle eie oortredinge op hulle laat kom en hulle stilmaak in hul eie boosheid; ja, יהוה, ons God, sal hulle stilmaak.