1 יהוה heers; laat die aarde hom verheug; laat die baie eilande bly wees!Heb 1:8
2 Wolke en donkerheid is rondom Hom; onpartydige opregtheid en regverdige oordeel is die fondasie van Sy troon.2 Kef 3:10-12
3 Vuur gaan voor Hom uit en verbrand Sy vyande rondom.
4 Sy weerligstrale verlig die wêreld; die aarde het gesien en gebewe.
5 Die heuwels smelt soos was voor die Teenwoordigheid van יהוה, voor die Teenwoordigheid van die Meester van die hele aarde.
6 Die hemele verklaar Sy onpartydige opregtheid en al die volke sien Sy lof, eer en aanbidding.
7 Beskaamd staan almal wat gemaakte beelde dien, wat hulle op afgode beroem; aanbid Hom, alle magtiges.