16 Die nasies het gesink in die put wat hulle gemaak het; hulle eie voete is gevang in die net wat hulle gespan het.
17 יהוה maak die oordeel bekend wat Hy uitvoer. Die wetsoortreder is verstrik in die werk van sy eie hande. Higgajon (Oordink dit).
18 Die wetsoortreder en al die volke wat God vergeet, sal na Sh’ol gedraai word,
19 want die behoeftige sal nie vir altyd vergeet word, die versekerde verwagting van die geteisterdes nie vir ewig verlore gaan nie.
20 Staan op, יהוה, laat die mens nie seëvier nie; laat die nasies in U Teenwoordigheid geoordeel word! 21 Stel vir hulle ’n wetgewer aan, יהוה sodat die nasies kan weet dat hulle maar net mense is!